Spreuke 28:8-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Wie ryk word deur onbillike rente en onregverdige winssal dit moet oorgee aan iemand wat hom oor armes ontferm.

9. Elkeen wat hom doof hou vir die eise van God,se gebede sal verwerp word.

10. Wie eerlike mense wegrokkel na die verkeerde pad, sal in sy eie strik trap. Mense wat onberispelik lewe, sal goeie dinge erf.

11. ’n Ryk man dink dalkdat hy boonop wys is, maar ’n arm mens met insig kan dwarsdeur hom kyk.

12. Wanneer regverdiges vreugde beleef, is almal bly daaroor; wanneer goddeloses oorneem, kruip al die mense weg.

Spreuke 28