10. Wie eerlike mense wegrokkel na die verkeerde pad, sal in sy eie strik trap. Mense wat onberispelik lewe, sal goeie dinge erf.
11. ’n Ryk man dink dalkdat hy boonop wys is, maar ’n arm mens met insig kan dwarsdeur hom kyk.
12. Wanneer regverdiges vreugde beleef, is almal bly daaroor; wanneer goddeloses oorneem, kruip al die mense weg.
13. Wie sy oortredings verswyg, sal nie voorspoedig wees nie. Wie sy sonde belyen daarvan afsien,sal genade ontvang.
14. Die mens wat altyd versigtig is, sal gelukkig wees. ’n Hardkoppige persoon sal in kwaad verval.
15. ’n Goddelose regeerder is vir sy weerlose volk soos ’n leeu wat brul en ’n beer wat wil aanval.
16. ’n Heerser sonder insig neig om ander te verdruk. ’n Regeerder wat uitbuiting haat, bly lank aan bewind.
17. ’n Moordenaar se gewete dryf hom die graf in. Niemand moet probeer om hom te help nie.
18. Hy wat ’n eerbare lewe lei, sal veilig wees. Iemand wat ’n dubbele lewe lei, sal daardeur tot ’n val kom.