Psalms 78:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. O my volk, luister na my lering.Gee ag op wat ek sê,

2. want ek wil julle onderrigmet ’n psalm.Ek wil julle lesse leer uit die verlede.

3. Wat ons gehoor het en wat ons weet,wat ons voorgeslagte ons vertel het,

4. verswyg ons nie vir ons kinders nie,maar vertel vir die volgende geslagvan die roemryke dade van die Here,van sy krag en van sy wonderdade.

5. Hy het voorskrifte aan Jakob gegee,en sy gebooie aan Israel.Hy het ons voorouers beveelom dit aan hulle kinders te leer

6. sodat die volgende geslag dit kan ken,en selfs die ongebore kindersweer húlle kinders kan leer.

Psalms 78