Johannes 6:43-48 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

43. Jesus het reageer en vir hulle gesê: “Moenie onder mekaar protesteer nie.

44. Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe laat kom nie; en Ek sal daardie persoon op die laaste dag opwek.

45. In die profete staan daar geskryf: ‘Hulle sal almal deur God onderrig word.’ Elkeen wat na die Vader geluister en van Hom geleer het, kom na My toe.

46. Nie dat iemand al die Vader gesien het nie, behalwe Hy wat van die Vader af gekom het – Hý het die Vader gesien.

47. “Ek verseker julle, wie aanhou glo, het reeds die ewige lewe.

48. Ek is die brood wat lewe gee.

Johannes 6