4. Joganan en al die weermagoffisiere en ook die gewone mense wou nie die Here se opdrag gehoorsaam om in Juda te bly nie.
5. Joganan en die offisiere het toe al die mense van Juda wat oorgebly het nadat hulle teruggekeer het uit die lande waarheen hulle gevlug het, saam met hulle geneem.
6. Onder die groep mense was mans, vroue, kinders en ook koning Sedekia se dogters asook al die mense wat Nebusaradan, hoof van die koninklike lyfwag, onder die sorg van Gedalja seun van Agikam, kleinseun van Safan gelaat het, asook van Jeremia en Baruk seun van Nerija.
7. Die mense het hulle nie gesteur aan wat die Here gesê het nie en Egipte toe gegaan. Hulle het tot by die stad Tagpanges gegaan.