Genesis 38:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. In hierdie tyd het Juda van sy broers af weggetrek na Adullam toe. Daar het hy by ’n man met die naam Gira uitgekom.

2. Daar ontmoet hy ’n Kanaänitiese vrou met die naam Bat-Sua en trou met haar.

3. Sy het swanger geraak en geboorte gegee aan ’n seun wat Juda Er genoem het.

4. Daarna het sy weer ’n seuntjie in die wêreld gebring en hom Onan genoem.

5. Toe haar derde seun gebore is, het sy hom Sela genoem. Hulle was op daardie stadium in Kesib.

6. Toe sy oudste seun Er groot genoeg was, het Juda hom met ’n meisie met die naam Tamar laat trou.

7. Maar omdat Er in die oë van die Here ’n slegte persoon was, het die Here hom laat sterf.

Genesis 38