Genesis 31:7-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. maar hy het my bedrieg deur telkens die ooreenkoms met my te verander. God het egter nie toegelaat dat hy my benadeel nie.

8. Wanneer hy sê die bont diere is myne, het die hele kudde bont lammers opgelewer. Wanneer hy van plan verander en sê ek kon die gestreepte diere kry, dan was al die lammers gestreep.

9. Op hierdie manier het God my voorspoedig gemaak ten koste van julle pa.

10. Gedurende die paartyd het ek ’n droom gehad en gesien dat die bokramme wat die ooie dek, gestreep, bont en gevlek was.

11. In my droom sê die engel van God vir my: ‘Jakob!’ Ek het geantwoord: ‘Ja, hier is ek!’

12. Die engel sê toe: ‘Let op en jy sal sien net die gestreepte, bont en gevlekte ramme dek die ooie in die trop, want Ek het alles gesien wat Laban aan jou gedoen het.

13. Ek is die God wat jy ontmoet het by Bet-El, die plek waar jy die olie op die klippilaar uitgegooi het en ’n eed geneem het dat jy My sal dien. Maak klaar om hierdie land te verlaat en na jou geboorteland toe terug te gaan.’”

14. Ragel en Lea sê toe: “Ons stem saam! Hier is niks meer vir ons oor nie en ons sal niks van ons pa se rykdom erf nie.

Genesis 31