1. Die Israeliete het hulle in hulle stede gaan vestig. Vroegherfs het die hele volk in Jerusalem bymekaargekom.
2. Jesua seun van Josadak en sy medepriesters, asook Serubbabel seun van Sealtiël en sy familie het toe die altaar van die God van Israel begin herbou. Hulle wou offers daarop bring soos die wet van Moses, die man van God, voorgeskryf het.
3. Hoewel hulle bang was vir die plaaslike inwoners, het hulle die altaar weer op sy oorspronklike plek herbou. Hulle het dadelik vir die Here brandoffers op die altaar begin offer. Hulle het dit elke oggend en aand gedoen.
4. Hulle het ook die Huttefees gevier soos die wet van Moses voorgeskryf het. Elke dag van die fees het hulle die voorgeskrewe offer vir die dag gebring.
5. Ná die fees het hulle voortgegaan om die gereelde brandoffers te bring. Hulle het ook die offers gebring wat met die Nuwemaanfees en ook die ander feeste van die Here saamgaan. Die mense het ook weer vrywillige offers vir die Here gebring.
6. Reeds vyftien dae voor die Huttefees sou begin, het die priesters al vir die Here brandoffers geoffer. Hulle het dit al gedoen selfs voordat hulle die fondasies vir die Here se tempel begin lê het.