Esegiël 21:14-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. “Mensekind, profeteer teen hulle. Klap jou hande. Vat dan die swaard, swaai dit heen en weer,twee keer, drie keer,want dit gaan mense doodmaak en hulle heeltemal deurboor.

15. Laat hulle harte wegsmelt van skrik, want die swaard blits by al hulle poorte. Dit blits soos weerlig,blink gevryf om dood te maak.

16. Swaard, slaan na regs, slaan na links, wie jy ook al wil tref!

17. Ek klap ook my hande, want my woede sal afkoel. Ek, die Here, het dit gesê.”

18. Toe het die Here vir my gesê:

19. “Mensekind, teken ’n kaart met twee roetes daarop wat die koning van Babilon se swaard kan volg. En sit ’n padteken langs die pad wat uit Babilon kom, net daar waar die pad vurk.

20. Die een pad gaan na Ammon en sy hoofstad Rabba, en die ander na Juda en die versterkte stad Jerusalem.

21. “Die koning van Babilon staan nou by die vurk in die pad. Hy weet nie watter een hy moet aanval nie. Hy roep sy towenaars om die voortekens te lees. Hulle skud pyle, raadpleeg die gode en ondersoek ’n dier se lewer.

Esegiël 21