Deuteronomium 29:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Dit is die bepalings van die verbond wat die Here vir Moses beveel het om met die Israeliete te maak terwyl hulle in die land Moab was. Dit is bo en behalwe die verbond wat Hy met hulle by Sinaiberg gemaak het.

2. Moses het al die Israeliete bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Julle het met julle eie oë alles gesien wat die Here in Egipte aan die farao, aan al sy onderdane en die hele land gedoen het,

3. al die groot dade van krag, die wondertekens en die verstommende wonders.

4. Maar tot vandag toe nog het die Here julle nie die verstand gegee om dit te verstaan, ook nie oë om te sien of ore om te hoor nie!

Deuteronomium 29