1. In die 23ste regeringsjaar van koning Joas seun van Ahasia in Juda het Joahas seun van Jehu koning geword in Israel. Hy het sewentien jaar in Samaria regeer.
2. Hy het gedoen wat verkeerd was vir die Here. Hy het net soos Jerobeam seun van Nebat vir Israel tot afgodery verlei. Hy het nie daarvan afgewyk nie.
3. Daarom was die Here kwaad vir Israel en het Hy toegelaat dat koning Gasael van Aram en sy seun Ben-Hadad Israel keer op keer verslaan.
4. Maar Joahas het tot die Here gebid om hulp en die Here het sy gebed verhoor. Die Here het gesien hoe die koning van Aram vir Israel onderdruk.
5. Daarom het die Here ’n redder verwek om Israel van die tirannie van Aram te verlos. Daarna kon die Israeliete weer soos voorheen in hulle eie huise lewe.