17. Die seuns van Sem was Elam, Assirië, Arpaksad, Lud en Aram. Die seuns van Aram was Us, Gul, Geter en Mesek.
18. Arpaksad was die pa van Selag. Selag was die pa van Heber.
19. Heber het twee seuns gehad. Die naam van die een was Peleg – “verdeling” – want in sy dae het die aardbewoners in verskillende taalgroepe verdeel geraak. Sy broer se naam was Joktan.
20. Joktan was die pa van Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag,
21. Hadoram, Usal, Dikla,
22. Obal, Abimael, Skeba,
23. Ofir, Gawila en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.
24. Dit was die familie wat van Sem afgestam het: Arpaksad, Selag,
25. Heber, Peleg, Reü,
26. Serug, Nahor, Tera
27. en Abram, later bekend as Abraham.
28. Die seuns van Abraham was Isak en Ismael.
29. Die seuns van Ismael was Nebajot, die oudste, Kedar, Adbeël, Mibsam,
30. Misma, Duma, Massa, Gadad, Tema,
31. Jetur, Nafis en Kedma. Hulle was die seuns van Ismael.
32. Die seuns van Ketura, die byvrou van Abraham, was Simran, Joksan, Medan, Midian, Jisbak en Suag. Die seuns van Joksan was Skeba en Dedan.
33. Die seuns van Midian was Efa, Efer, Ganok, Abida en Eldaä. Hulle almal was seuns van Abraham by sy byvrou Ketura.