Yirmeyahu 48:1-2 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Aangaande Mo’av: so sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Wee N’vo, want dit is vernietig; Kiryatayim is tot skaamte gemaak, dit is ingeneem; die verhewe vesting is tot skaamte gemaak en in stukkies.

2. Daar is geen lofprysing meer vir Mo’av nie; in Heshbon het hulle katastrofe teen haar beplan: ‘Kom laat ons haar afsny sodat sy geen nasie meer is nie.’ Ook jy, Madmein, sal stil gemaak word, die swaard sal jou agtervolg.

Yirmeyahu 48