Y'hoshua 5:8-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Toe die hele volk klaar besny is, het hulle op hul plek in die kamp gebly totdat hulle gesond was.

9. Toe het יהוה vir Y’hoshua gesê: “Vandag het Ek die smaad van Mitzrayim van julle afgerol.” Dié plek word daarom tot vandag toe Gilgal genoem.

10. Terwyl die seuns van Yisra’el by Gilgal gekamp het, het hulle die Pesag gehou met sonsondergang, op die veertiende dag van die maand, op die vlakte van Yerigo.

11. Op die dag ná die Pesag, op daardie presiese dag, het hulle van die opbrengs van die land geëet: ongesuurde brode en gebraaide graan.

12. Die dag nadat hulle van die opbrengs van die land geëet het, het die ‘man hu’ opgehou sodat die seuns van Yisra’el verder geen ‘man hu’ gehad het nie, maar hulle het geëet van die opbrengs van die land Kena’an in daardie jaar.

Y'hoshua 5