Psalms 99:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה heers; laat die volke bewe! Hy sit bo die gérubs; laat die aarde skud!

2. יהוה is groot in Tziyon; Hy is hoog bo al die volke verhewe.

3. Laat hulle U groot en geëerde Naam (Karakter en Outoriteit) loof en prys met uitgestrekte hande, want dit is afgesonderd.

4. Die Koning se sterkte het ook die regverdige oordeel lief; U bevestig gelykheid; U voer oordeel, onpartydige opregtheid uit in Ya’akov.

5. Lig יהוה, ons God, hoog op en val op die grond neer voor Sy voetstoel, want Hy is afgesonderd!

6. Moshe en Aharon was onder Sy priesters en Sh’mu’el onder hulle wat Sy Naam (Karakter en Outoriteit) aanroep. Hulle het יהוה aangeroep en Hy het hulle geantwoord.

Psalms 99