Psalms 106:7-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Ons vaders het nie U wonders in Mitzrayim verstaan nie, hulle het nie die oorvloed van U goedheid onthou nie, maar was rebels teen Hom by die see, by die Sufsee.Yeg 20:9; Yeg 14:22

8. Nogtans het Hy hulle gered om Sy Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil sodat Hy Sy magtige krag bekend kon maak.

9. Hy het ook die Sufsee bestraf sodat dit opgedroog het en Hy het hulle deur die dieptes gelei, net soos deur die wildernis.

10. Hy het hulle gered uit die hand van die vyand en hulle bevry uit die hand van die onderdrukker

11. en die waters het hulle teëstanders oordek; daar was nie een van hulle oor nie.Eks 15

12. Toe het hulle Sy woorde geglo, hulle het Sy lofprysing besing,

13. maar hulle het God gou vergeet, hulle het nie in Sy raad vertrou nie,

14. maar in die wildernis na hulle begeertes gesmag en God getoets in die woestyn.

15. Hy het hulle gegee wat hulle gevra het en aan hulle oorvloed gegee.

16. Hulle was in die kamp ook jaloers op Moshe en op Aharon, die afgesonderdes van יהוה.

17. Die aarde het oopgegaan en Datan ingesluk en die groep van Aviram bedek.

18. ’n Vuur is aangesteek onder hulle groep, die vlam het die bose verbrand.

19. Hulle het ’n kalf by Horev gemaak en neergebuig voor die gegote beeld.

20. So het hulle hul Opgeligte Een verruil vir die afbeelding van ’n bees wat gras eet.

21. Hulle het God, hulle Verlosser, vergeet, wat groot dinge gedoen het in Mitzrayim,

22. wonderdade in die land van Gam en vreeslike dinge by die Sufsee;Yeg 22:30

23. daarom het Hy gesê dat Hy hulle sal vernietig, as Moshe, Sy gekose, nie voor Sy Teenwoordigheid vir hulle in die bres getree het om Sy woede weg te draai sodat Hy hulle nie sou vernietig nie.

24. Ja, hulle het die begeerlike land verag, Sy woord nie vertrou nie,

25. maar in hul tente gemurmureer en nie na die stem van יהוה geluister nie;

26. daarom het Hy Sy hand teen hulle opgelig om hulle te verstrooi tussen die ander nasies

Psalms 106