Markos 14:10-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Y’hudah van K’riot, een van die twaalf, het na die leierpriesters gegaan met die doel om Hom aan hulle oor te lewer.

11. Toe hulle dit hoor, was hulle bly en het belowe om hom geld te gee en hy het na ’n geleentheid gesoek om Hom oor te lewer.

12. Op die eerste dag van die verwydering van suurdeeg, waarop die Jode gewoonlik die Pesaglam geslag het, sê Sy studentevolgelinge vir Hom: “Waar wil U hê moet ons vir U gaan voorberei dat U die Pesag kan eet?”

Markos 14