Genesis 13:8-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Toe sê Avram vir Lot: “Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is tog broers.

9. Lê die hele land nie voor jou nie? Skei jou nou van my af; as jy links gaan, dan sal ek regs gaan en as jy regs gaan, dan sal ek links gaan.”

10. Lot slaan sy oë op en sien dat die hele Yardenvallei oral baie water het. Voordat יהוה S’dom en `Amorra verwoes het, was dit soos die tuin van יהוה, soos Mitzrayim in die rigting van Tzo’ar.

11. Lot het vir hom die hele Yardenstreek gekies en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan van mekaar geskei.

12. Avram het aangehou bly in die land Kena’an en Lot het gaan woon in die stede van die Yardenstreek en sy tente tot sover as by S’dom opgeslaan.

Genesis 13