3. Julle oë het gesien wat יהוה in die geval van Ba’al-P’or gedoen het, want יהוה, jou God, het al die manne wat agter Ba’al-P’or aangeloop het, onder julle uit vernietig,
4. maar julle wat aan יהוה, julle God, vasgehou het, lewe vandag nog almal.
5. Let op, ek het vir julle reëls en wette geleer, net soos יהוה, my God, my beveel het, vir julle om so te doen in die land waarheen julle gaan, om dit te besit.
6. Bewaar en doen hulle, want dit is julle wysheid en julle begrip voor die oë van die mense wat al hierdie reëls sal hoor en sê: “Waarlik, hierdie groot nasie is ’n wyse en begripvolle volk,’
7. want watter groot nasie is daar wie se god so naby aan hulle is soos יהוה, ons God, aan ons is, wanneer ons ook al na Hom roep?
8. Watter groot nasie is daar wat sulke reëls en regverdige wette het soos hierdie hele wet wat ek vandag voor julle hou?