26. Josef, jy sal die goeie dinge van die lewe ontvang: goeie koringoeste en groen weivelde,ryp gesaaides soos in die ou tyd,mooi en vrugbare heuwels.Mag al hierdie woorde waar word,want Josef is anders as sy broersen hy sal hulle lei.
27. “Benjamin is soos ’n woedende wolf.In die môre vang hy sy prooien in die aand deel hy dit met almal.”
28. Dit was Jakob se laaste woorde aan sy seuns, die latere twaalf stamme van Israel. Op dié manier het hy elke seun van hom gegroet en geseën.
29. Jakob het vir oulaas met al die seuns gepraat. “Ek is besig om te sterf,” het hy gesê. “As ek dood is, moet julle my by my mense in die familiegraf by Magpela, net oos van Mamre in die land Kanaän begrawe.