1. Intussen het die profeet Elisa iemand uit die profetegroep geroep en vir hom gesê: “Vat hierdie flessie olie en gaan na die dorp Ramot in Gilead toe.
2. Gaan soek daar vir Jehu, die seun van Josafat en kleinseun van Nimsi. Roep hom weg van die ander offisiere af na ’n ander vertrek toe.
3. Wanneer julle alleen is, moet jy die olie op sy kop uitgooi. Sê dan vir hom: ‘Die Here sê: Ek salf jou tot koning oor Israel.’ Daarna moet jy die deur oopmaak en maak dat jy so vinnig moontlik wegkom!”
4. Die jong profeet het dit gedoen en na Ramot in Gilead toe gegaan.