1. Dawid en die hoë amptenare het die families van Asaf, Heman en Jedutun vir ’n spesiale diens afgesonder. Hulle moes onder begeleiding van liere, harpe en simbale as profete optree. Hier is ’n lys van al hierdie mense.
2. Uit Asaf se seuns was daar Sakkur, Josef, Netanja en Asarela. Hulle het onder Asaf se leiding gestaan. Hy het as profeet in diens van die koning opgetree.