19. En toe sien ek dat die dier en die konings van die aarde en hulle leërs bymekaarkom. Hulle wou oorlog maak teen die Persoon op die wit perd en teen sy leër.
20. Maar die Persoon op die perd het die dier gevang. Die Persoon het ook die vals profeet gevang. Dit was die vals profeet wat tekens gedoen het voor die dier. So het die vals profeet vir die mense dinge laat glo wat nie waar is nie, die mense wat die merk van die dier gekry het en wat die beeld van die dier aanbid het. Maar die Persoon op die wit perd het die dier en die vals profeet in die see van vuur en swael gegooi. Hy het hulle ingegooi terwyl hulle nog lewe.
21. Die Persoon op die wit perd het die ander mense doodgemaak met die swaard wat uit sy mond gekom het. En die voëls het hulle lyke gevreet totdat hulle genoeg gehad het.