Levitikus 15:20-25 Bybel vir Almal (ABA)

20. Enige iets waarop die vrou lê terwyl sy menstrueer, word onrein, en elke ding waarop sy sit, word onrein.

21-23. Elkeen wat raak aan die bed of die stoel of iets waarop die vrou gesit het, moet sy klere was en hy moet homself bad. Hy is onrein tot die aand.

24. Wanneer ’n man seks het met ’n vrou wat menstrueer, dan word hy ook onrein vir sewe dae, en elke bed waarop hy lê, word onrein.

25. Wanneer daar bloed uit ’n vrou kom in ’n tyd wanneer sy nie menstrueer nie, of as die bloed aanhou uitkom nadat sy gemenstrueer het, dan is sy onrein so lank soos die bloed uitkom.

Levitikus 15