17. Hy moet die klere of vel was waarop die saad gekom het. Hy is onrein tot die aand.
18. Wanneer ’n man by ’n vrou slaap en daar kom saad uit sy geslagsorgaan, dan moet hulle altwee bad. Hulle is onrein tot die aand.
19. “Wanneer ’n vrou menstrueer, dan is sy sewe dae lank onrein. Elkeen wat aan haar raak, is onrein tot die aand.
20. Enige iets waarop die vrou lê terwyl sy menstrueer, word onrein, en elke ding waarop sy sit, word onrein.