Jeremia 31:8-11 Bybel vir Almal (ABA)

8. Ek sal my volk nou bringuit die land in die noorde,Ek sal hulle bymekaarmaakuit die ver plekke op die aarde.Daar sal blinde en kreupel mensetussen hulle wees,en ook vroue wat babas verwagen vroue wat besig is om babas te kry.

9. Hulle sal huil en kom bid dat Ekhulle moet help,en Ek sal hulle lei,Ek sal hulle op ’n gelyk pad bring,by waterstrome.Hulle sal nie op die pad struikel en val nie.Ek het ’n Vader geword vir Israel, Efraim is my oudste seun.”

10. Volke, julle moet hoor wat die Here sê,julle moet dit vertel in die lande ver langs die see,julle moet sê:“Hy wat die Israeliete gejaag hetna al die kante toe,Hy sal hulle bymekaarmaaken Hy sal hulle oppas soos ’n herderdie skape oppas wat aan hom behoort,

11. want die Here het die nageslag van Jakob losgekoopen Hy het hulle vrygemaakvan iemand wat sterker was as hulle.

Jeremia 31