Hebreërs 10:6-24 Bybel vir Almal (ABA)

6. U het nie gevra dat ons brand-offers en sonde-offersmoet bring nie.

7. Toe het Ek gesê: “Kyk,Ek het gekom om te doenwat U wil hê, o God.Dit is oor My geskryf in die boekwaarin u wette is.”

8. Christus het eers gesê:U het nie offers en presente enbrand-offers en sonde-offersgevra nie,en U wou nie al hierdie offershê nie.Dit is die wette wat sê dat ons die offers moet bring.

9. Daarna het Christus gesê: “Kyk, Ek het gekom om te doen wat U wil hê.”So stop Christus die eerste soort offer en Hy bring die tweede soort offer in daardie offers se plek.

10. Daarom weet ons dat Jesus Christus gedoen het wat God wil hê. Jesus Christus het Homself net een maal, vir altyd, ge-offer. Daarom is ons aan God gewy.

11. En elke priester doen elke dag sy werk en hy bring elke maal dieselfde offers. Daardie offers kan nooit die sondes wegneem nie.

12. Maar nadat Jesus Christus net één offer vir die sondes gebring het, het Hy vir altyd gaan sit op die belangrikste plek langs God,

13. en in die tyd wat oorbly, wag Christus daar totdat God die vyande van Christus voor Hom sal laat buig en Christus sy voete op hulle sal sit.

14. Want omdat Hy één offer gebring het vir almal, het Hy die mense wat aan God gewy is, heeltemal gereinig.

15. Die Heilige Gees sê ook vir ons dat dit waar is:

16. Die verbond wat Ek latermet die Israeliete sal maak,sal só wees, sê die Here:Ek sal my wetteop hulle harte skryfen Ek sal dit binne-in hulle gee.

17. Nadat die Heilige Gees hierdie dinge gesê het, het Hy ook gesê: Want Ek sal nie meer dinkaan hulle sondesen aan die dinge wat hulleverkeerd gedoen het nie.

18. Wanneer God mense se sondes vergewe, dan moet priesters nie meer sonde-offers bring nie, dit is dan nie nodig nie.

19. Daarom, vriende, omdat Jesus vir ons gesterf het, mag ons na God toe gaan in die gewyde tempel.

20. Jesus het vir ons ’n nuwe pad oopgemaak na God toe, dit is ’n pad wat vir ons bring na die ware lewe by God omdat Jesus deur die gordyn ingegaan het in die hoog-gewyde kamer. Hy het dit gedoen toe Hy self gesterf het.

21. En Jesus is nou ons Groot Hoëpriester, Hy sorg vir almal wat aan God behoort.

22. Daarom moet ons aanhou om na God toe te gaan, ons moet net vir Hom dien en ons moet baie seker wees dat die dinge wat ons glo, waar is. Ons het voorheen nie geweet wat is reg en wat is verkeerd nie, maar Jesus het ons rein gemaak soos wanneer die priesters die bloed van bokke en bulle gespat het op onrein mense, en daarna was hulle rein. Daarom is ons ook nou soos mense wat ons liggame met skoon water gewas het.

23. Daarom moet ons aanhou om die dinge te glo en te sê wat ons hoop, ons moenie daaroor twyfel nie. Ons kan baie seker wees daarvan omdat God dit belowe het, en Hy sal doen wat Hy belowe het.

24. Ons moet ook so vir mekaar sorg dat dit vir mense sal help om lief te wees vir ander mense en om goeie dinge vir hulle te doen.

Hebreërs 10