29. Die Jode uit Asië het so gesê, want hulle het voorheen gesien dat Trofimus saam met Paulus in Jerusalem is. Trofimus was ’n Griek van die stad Efese. Daarom het hulle gedink Paulus het vir Trofimus saamgebring na die tempel.
30. Almal in die stad het kwaad geword en die mense het na die tempel gehardloop. Hulle het vir Paulus gegryp en hulle het hom uit die tempel gesleep. Die mense by die tempel het die tempel se deure dadelik toegemaak.
31. Die Jode het probeer om vir Paulus dood te maak. Maar iemand het vir die hoof-offisier van die Romeinse soldate gaan sê dat al die mense van Jerusalem kwaad is en dat hulle baie raas.
32. Die hoof-offisier het dadelik vir sy soldate en offisiere gesê hulle moet saam met hom kom, en hulle almal het na die tempel gehardloop. Toe die Jode die hoof-offisier en die soldate sien, het hulle opgehou om vir Paulus te slaan.
33. Die hoof-offisier het nader geloop en hy het vir sy soldate gesê hulle moet vir Paulus ’n gevangene maak. Hy het ook vir Paulus laat vasbind met twee kettings. Die hoof-offisier het vir die Jode gevra wie Paulus is en wat hy verkeerd gedoen het.