7. Hulle het geld gegee vir die mans wat klippe moes kap en vir die ander ambagsmanne, en hulle het vir die mense van Sidon en Tirus kos en wyn en olyf-olie gegee sodat hulle sederhout moet bring na die see by die stad Jafo. Koning Kores van Persië het gesê hulle mag dit doen.
8. Dit was in die tweede jaar nadat hulle by die tempel-gronde in Jerusalem gekom het. Hulle het toe begin om die tempel te bou, dit was Serubbabel seun van Sealtiël, Jesua seun van Josadak, en die ander mense, die priesters en die Leviete en almal wat gevangenes was en wat teruggekom het na Jerusalem. Hulle het die Leviete wat 20 jaar oud en ouer was, gekies en aangestel om te kyk dat almal die werk aan die tempel reg doen.
9. Jesua en die ander priesters, en Kadmiël en die mense wat hom gehelp het, het saam gekyk dat almal die werk aan die tempel reg doen. Hulle was almal Judeërs. Die Genadad-familie het hulle gehelp.
10. Toe die bouers die fondamente van die tempel klaar gebou het, het die priesters hulle priester-klere aangetrek en hulle het gereedgestaan met trompette. Die Leviete van die Asaf-familie het gereedgestaan met simbale. Hulle moes die Here prys, hulle moes dit doen soos koning Dawid van Israel gesê het hulle moet doen.
11. Hulle het begin om die Here te prys en vir Hom dankie te sê,“want Hy is goed,ja, Hy doen altyd vir Israelwat Hy gesê het.”Al die mense het hard begin skree en hulle het die Here geprys omdat hulle die fondamente van die tempel kon bou.