1. Moses het vir die Here gesê: “Miskien sal die Israeliete my nie glo nie en nie na my luister nie. Hulle sal sê: ‘Die Here het nie aan jou verskyn nie.’ ”
2. Toe sê die Here vir hom: “Wat is in jou hand?”En Moses sê: “’n Kierie.”
3. Die Here sê toe vir hom: “Gooi dit op die grond.”Moses het die kierie op die grond gegooi, en die kierie het in ’n slang verander. Moses het weggespring van die slang.
4. Toe sê die Here vir Moses: “Gryp die slang aan sy stert.”Moses het die slang gegryp, en toe het die slang in sy hand weer in ’n kierie verander.