1 Samuel 27:2-6 Bybel vir Almal (ABA)

2. Dawid het toe gereedgemaak en hy en 600 manne het gegaan na koning Akis van die stad Gat. Akis was die seun van Maok.

3. Dawid en sy manne het by Akis in Gat gaan woon. Elke man het ook sy huisgesin saamgeneem. Dawid se twee vroue was Aginoam van die stad Jisreël en Abigajil, die weduwee van Nabal van die stad Karmel.

4. Saul het gehoor dat Dawid na Gat gevlug het, en Saul het hom nie meer gesoek nie.

5. Dawid het vir Akis gesê: “As jy tevrede is met my, dan moet jy vir my plek gee in een van die stede weg van die stad Gat, dan kan ek daar woon. Ek is nie belangrik nie, hoekom moet ek hier in die koningstad by jou woon?”

6. Akis het toe die stad Siklag vir Dawid gegee. Daarom behoort Siklag tot vandag toe aan die konings van Juda.

1 Samuel 27