1 Samuel 17:39-43 Bybel vir Almal (ABA)

39. Dawid het sy swaard bo-oor die klere vasgemaak met ’n belt en hy het probeer loop, want hy het dit nog nooit gedoen nie. Maar toe sê hy vir Saul: “Ek kan nie met hierdie swaar goed loop nie, ek het dit nog nooit gedoen nie.”Dawid het toe Saul se klere uitgetrek.

40. Hy het sy kierie geneem en hy het vyf gladde klippe in die sloot gaan soek. Hy het dit in sy skaapwagter-sak gesit. Toe het hy nader gegaan na die Filistyn toe en hy het sy slingervel in sy hand vasgehou.

41. Die Filistyn het nader gekom na Dawid toe. Die man wat sy skild gedra het, was voor hom.

42. Toe die Filistyn vir Dawid sien, het hy gedink Dawid beteken niks, want Dawid was ’n jong seun. Hy was gesond en mooi.

43. Die Filistyn het vir Dawid gesê: “Dink jy ek is ’n hond? Hoekom kom jy met ’n kierie na my toe? Ek vervloek jou, my gode sal jou laat sterf.”

1 Samuel 17