1 Kronieke 25:3-7 Bybel vir Almal (ABA)

3. Van die Jedutun-familie was daar die ses seuns van Jedutun, Gedalja, Seri, Jesaja, Gasabja en Mattitja. Hulle pa was die leier. Terwyl die lier speel, het Jedutun gesing om vir die Here dankie te sê en om Hom te prys.

4. Van die Heman-familie was daar Heman se seuns Bukkija, Mattanja, Ussiël, Sebuel, Jerimot, Gananja, Ganani, Eliata, Giddalti, Romamti-Eser, Josbekasa, Malloti, Hotir en Magasiot.

5. Hulle was almal seuns van Heman, die siener van die koning. God het vir Heman belowe om hom ’n belangrike man te maak, daarom het God vir Heman 14 seuns en drie dogters gegee.

6. Hulle pa was hulle leier wanneer hulle in die tempel musiek moes maak met simbale, harpe en liere. Hulle moes dit doen wanneer die priesters in die tempel gewerk het. Asaf, Jedutun en Heman het vir die koning gewerk.

7. Daar was 288 mense wat musiek vir die Here kon maak saam met die ander Leviete wat geleer het om te sing.

1 Kronieke 25