Rigters 6:39-40 Afrikaans 1983 (AFR83)

39. Toe sê hy vir God: “Moet asseblief nie vir my kwaad word nie! Ek wil nog 'n keer iets vra. Laat my tog net nog een toets met die vlieswol toe: net die wol moet droog wees, terwyl daar oral op die grond dou is.”

40. Daardie nag het God dit so laat gebeur: net die wol was droog en oral op die grond was daar dou.

Rigters 6