Rigters 13:15-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Toe sê Manoag vir die Engel van die Here: “Wag tog 'n rukkie, dan maak ons vir u 'n bokkie gaar.”

16. Die Engel van die Here sê toe vir Manoag: “Al laat jy My 'n rukkie wag, sal Ek nie jou kos eet nie. Maar as jy 'n brandoffer wil bring, moet jy dit vir die Here bring.”Manoag het nie besef dat dit die Engel van die Here is nie,

17. en toe sê Manoag vir die Engel: “Wat is u naam? Wanneer u belofte waar word, wil ons aan u eer betoon.”

18. Hy het vir Manoag geantwoord: “Waarom vra jy my Naam? Dit is te wonderlik om uit te spreek.”

19. Toe vat Manoag die bokkie, en hy sit dit saam met 'n graanoffer op 'n klip as offer vir die Here. Terwyl Manoag en sy vrou staan en kyk, het die Here 'n wonder laat gebeur.

Rigters 13