Rigters 12:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die manne van Efraim is vir oorlog opgeroep en het deur die Jordaan getrek na Safon toe. Hulle het vir Jefta gaan sê: “Waarom het jy alleen opgetrek om teen die Ammoniete te gaan veg? Waarom het jy ons nie opgeroep om saam met jou te gaan nie? Ons gaan jou huis bokant jou kop afbrand.”

2. Jefta het hulle geantwoord: “Ek en my manskappe was in 'n ernstige stryd gewikkel met die Ammoniete, en ek het julle hulp ingeroep. Maar julle het my nie uit hulle mag kom red nie.

Rigters 12