Levitikus 26:5-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Julle sal graan dors tot dit weer tyd is om vrugte te oes, en julle sal vrugte oes tot dit weer planttyd is. Julle sal oorgenoeg kos hê en sonder sorge in julle land woon.

6. Ek sal vrede gee in die land sodat julle rustig kan slaap: Ek sal die ongediertes uitroei en daar sal nie oorlog in julle land kom nie.

7. Julle sal julle vyande verdryf en om die lewe bring.

8. Net vyf van julle soldate sal honderd van die vyand op loop jaag, en net honderd van julle sal tien duisend op loop jaag. Julle sal hulle om die lewe bring.

9. Ek sal vir julle goed wees en julle vrugbaar maak sodat julle 'n groot nasie sal word. So sal Ek my verbond met julle nakom.

10. Julle sal nie eens 'n vorige seisoen se graan kan opgebruik nie, julle sal dit moet weggooi om plek te maak vir die nuwe oes.

11. Ek sal by julle woon en nie 'n afsku van julle hê nie.

12. Ek sal by julle bly en julle God wees, en julle sal my volk wees.

13. Ek is die Here julle God wat julle uit Egipte laat trek het sodat julle nie meer sy slawe hoef te wees nie. Ek het die juk wat julle moes dra, gebreek en julle vry gemaak.

14. “As julle egter nie na My luister nie en nie alles doen wat Ek julle beveel het nie,

Levitikus 26