1. Die Fariseërs het gehoor dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes. —
2. Eintlik was dit nie Jesus wat gedoop het nie, maar sy dissipels. —
3. Toe Jesus dit verneem, het Hy Judea verlaat en weer na Galilea toe gegaan.
4. Hy moes deur Samaria gaan.
5. Hy kom toe by 'n dorp in Samaria met die naam Sigar, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het.