Die Openbaring 14:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe het ek die Lam op Sionsberg sien staan en by Hom honderd vier en veertig duisend mense met sy Naam en sy Vader se Naam op hulle voorkoppe geskrywe.

2. En ek het 'n geluid uit die hemel uit hoor kom wat soos die gedruis van 'n groot watermassa en soos die gedreun van swaar donderweer geklink het. Die geluid wat ek gehoor het, was ook soos dié van siterspelers wat op hulle siters speel.

3. Hierdie mense sing 'n nuwe lied daar voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge. Niemand anders as net hierdie honderd vier en veertig duisend mense, wat van die aarde af losgekoop is, kon hierdie lied leer nie.

Die Openbaring 14