Die Openbaring 11:10-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Die bewoners van die aarde sal bly wees oor hulle dood en hulle daaroor verheug. Hulle sal vir mekaar geskenke stuur. Hierdie twee profete was immers vir die bewoners van die aarde tot 'n teistering.

11. Ná die drie en 'n half dae het daar egter asem en lewe van God af in hulle gekom. Hulle het opgestaan, en groot vrees het almal oorval wat hulle gesien het.

12. Hulle hoor toe 'n harde stem uit die hemel vir hulle sê: “Kom op hierheen!”Toe het hulle in 'n wolk na die hemel toe opgevaar, en hulle vyande het dit gesien.

13. Op daardie oomblik was daar 'n groot aardbewing, en 'n tiende van die stad het inmekaargestort. Sewe duisend mense het in die aardbewing omgekom, en die ander het bevrees geraak en aan die God van die hemel die eer gegee.

14. Die tweede “Wee!” is verby. Kyk, die derde kom gou.

15. Toe het die sewende engel op sy trompet geblaas. Daar was stemme in die hemel wat hard uitgeroep het:“Die koningskap oor die wêreldbehoort aan ons Here en sy Gesalfde,en Hy sal as koning heerstot in alle ewigheid.”

Die Openbaring 11