1 Kronieke 25:4-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Die seuns van Heman was Bukkija, Mattanja, Ussiël, Subael, Jerimot, Gananja, Ganani, Eliata, Giddalti, Romamti-Eser, Josbekasa, Malloti, Hotir en Magasiot.

5. Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in godsdienstige sake, en hulle het hom groot aansien verleen. God het aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee.

6. Hulle het almal onder leiding van hulle pa die sang in die huis van die Here begelei op simbale, harpe en liere in die tempeldiens.Asaf, Jedutun en Heman was in diens van die koning.

7. Saam met hulle ampsgenote wat in sang ter ere van die Here onderrig was, was die getal opgeleides twee honderd ag en tagtig.

8. Hulle is vir diens geloot volgens die reël dat oud en jonk gelyk is, of hy nou al opgelei of leerling was.

1 Kronieke 25