1 Korintiërs 11:29-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

29. want hy wat eet en drink sonder om te besef dat dit die liggaam van die Here is, bring daardeur 'n oordeel oor homself.

30. Daarom is daar baie swakkes en sieklikes onder julle en sterf daar baie van julle.

31. As ons onsself vooraf reg ondersoek het, sou ons nie onder die oordeel gekom het nie.

1 Korintiërs 11