Psalms 79:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n PSALM van Asaf. o God, heidene het gekom in u erfdeel, hulle het u heilige tempel verontreinig, Jerusalem tot puinhope gemaak.

2. Hulle het die lyke van u knegte aan die voëls van die hemel tot spys gegee, die vlees van u gunsgenote aan die wilde diere van die land.

3. Hulle het húlle bloed rondom Jerusalem soos water uitgegiet sonder dat iemand hulle begrawe.

4. Ons het vir ons bure ’n smaad geword, ’n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.

Psalms 79