Psalms 16:5-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Die Here is die deel van my erfenis en van my beker; Ú onderhou my lot.

6. Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.

7. Ek sal die Here loof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan my niere my.

8. Ek stel die Here altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.

Psalms 16