Levítikus 10:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die Here gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.

2. Daarop het daar vuur van die aangesig van die Here uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die Here.

3. Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die Here gespreek het deur te sê: In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik. Maar Aäron het stilgebly.

4. En Moses het Mísael en Élsafan, die seuns van Ussiël, die oom van Aäron, geroep en aan hulle gesê: Kom nader, dra julle broers van die heiligdom af weg, buitekant die laer uit.

5. Toe het hulle nader gekom en hulle in hul rokke buitekant die laer uitgedra soos Moses gesê het.

Levítikus 10