19. Maar Josua het vir die volk gesê: Julle kan die Here nie dien nie, want Hy is ’n heilige God, Hy is ’n jaloerse God; Hy sal julle oortreding en julle sondes nie vergewe nie.
20. As julle die Here verlaat en vreemde gode dien, sal Hy julle weer kwaad aandoen en julle vernietig, nadat Hy aan julle goed gedoen het.
21. Toe sê die volk vir Josua: Nee, maar ons sal die Here dien.
22. Daarop sê Josua aan die volk: Julle is getuies teen julleself dat julle vir julleself die Here gekies het om Hom te dien. En hulle sê: Ons is getuies.
23. Verwyder dan nou die vreemde gode wat onder julle is, en neig julle hart tot die Here, die God van Israel.
24. Daarop sê die volk aan Josua: Ons sal die Here onse God dien en na sy stem luister.
25. En op dié dag het Josua met die volk ’n verbond gesluit en vir hulle ’n insetting en ’n reg vasgestel in Sigem.
26. En Josua het hierdie woorde in die wetboek van God geskrywe en ’n groot klip geneem en dié daar opgerig onder die eikeboom wat by die heilige plek van die Here is.
27. Toe sê Josua aan die hele volk: Kyk, hierdie klip sal ’n getuie teen ons wees, want hy het al die woorde van die Here gehoor wat Hy met ons gespreek het; en hy sal ’n getuie teen julle wees, sodat julle jul God nie verloën nie.
28. Toe het Josua die volk laat gaan, elkeen na sy erfdeel toe.
29. En ná hierdie dinge het Josua, die seun van Nun, die kneg van die Here, gesterwe, honderd-en-tien jaar oud.