Eségiël 44:6-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. En sê aan die wederstrewiges, aan die huis van Israel: So spreek die Here Here: Laat dit genoeg wees met al julle gruwels, o huis van Israel!

7. Omdat julle uitlanders ingebring het, onbesnedenes van hart en onbesnedenes van vlees, om in my heiligdom te wees, om dit, my huis, te ontheilig; toe julle my brood, vet en bloed gebring, en hulle my verbond verbreek het by al julle gruwels.

8. En julle het die diens van my heilige gawes nie waargeneem nie, maar het hulle aangestel om my diens in my heiligdom vir julle waar te neem.

9. So sê die Here Here: Geen uitlander, onbesnede van hart en onbesnede van vlees, mag in my heiligdom ingaan, van al die uitlanders wat onder die kinders van Israel is nie.

Eségiël 44