1. EN aan Joab is meegedeel: Kyk, die koning ween en bedryf rou oor Absalom.
2. En daardie dag het die oorwinning vir die hele volk ’n roubedryf geword, omdat die volk dié dag hoor sê het: Die koning is bedroef oor sy seun.
3. Daarom het die volk dié dag stilletjies die stad ingekom, net soos mense wat skaam is, wegsluip as hulle in die geveg gevlug het.