Titus 3:7-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Só is ons vrygespreek deur sy genade, en het ons erfgename geword van die ewige lewe waarop ons hoop.

8. Hierdie boodskap is betroubaar. Daarom wil ek hê jy moet hierdie dinge met groot beslistheid handhaaf sodat hulle wat op God vertrou, hulle op goeie werke kan toespits, dit wil sê werke wat goed en voordelig vir mense is.

9. Moet tog nie betrokke raak in dwase twisgesprekke en geslagsregisters of in twiste en struwelinge oor die wet nie, want dit is onproduktief en tevergeefs.

10. Vermy ’n skeurmaker wat na een of twee vermanings nog daarmee voortgaan

11. omdat jy weet dat sulke persone die spoor byster is. Deur hulle eie sonde veroordeel hulle hulleself.

12. Wanneer ek Artemas of Tigikus na jou toe stuur, moet jy jou bes doen om my in Nikopolis te ontmoet, want ek het besluit om daar te oorwinter.

13. Doen jou bes om Senas, die regsgeleerde, en Apollos met hulle reis te help sodat hulle niks kortkom nie.

Titus 3