1. Kinders, luister na my! Gee aandag aan julle pa se vermaning. Slaan ag daarop sodat julle insig kan kry.
2. Die opvoeding wat ek julle gee, is van hoë gehalte. Moenie my onderrig ignoreer nie.
3. Ek was self ook ’n kind van my pa,die enigste oogappel van my ma.
4. My pa het toe ook vir my gesê: “Hou vas aan wat ek jou leer.Hou by my voorskrifte dat jy kan lewe.